Boodskappe

 Gestig 1908

Home
Boodskappe
Bestuur
Eeufees Komitee
75jaar Fees
90jaar Fees
Foto Toer
Forum
Geskiedenis
Notules
Oorsese Toer
OudLede Lys
Provinsiale Spelers
Rugby Kalender
Span Fotos
Spelers
Staaltjies
Statistiek
Wedstryd Verslae
1988 Vloed

 

 

 

    OREGAN HOSKINS, PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE RUGBYUNIE   

    Namens almal by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) wil ekgraag die Upington Rugbyklub hartlik geluk wens met sy eeufeesvieringe vanjaar. 

    Dit is `n besonderse eer en unieke prestasie vir enige klub of instelling om sy honderdste bestaansjaar te vier.

     

    The club had to endure many hardships during its existence and had to rebuild its facilities during floods, which caused considerable damage. However, due to the spirit of the people of Upington, the club was able to rise again above the difficulties to function as an important member of the sporting fraternity of the region.

     

    Upington Rugbyklub het gedurende sy honderdste bestaansjaar `n besonderse bydrae gelewer tot die gemeenskap en inderdaad sy provinsiale unie-die Griekwas Rugbyunie.

     

    Die klub het verskeie provinsiale spelers, provinsiale administrateurs en wedstrydbeamptes opgelewer, en hy is tans een van die voorste klub in die provinsie.

     

    I want to personally thank the President and his entire executive of the club for their exellant service to the club. Furthermore, I want to congragulate the people of Upington for their support to the club and their effort to promote the game of rugby in that region.

     

    Ek weet dat `n lys van fees-aktiwiteite gaan plaasvind om die eeufeesjaar te herdenk en ek wil almal wat betrokke is met die organisering daarvan sterkte toewens.

     

    Alles van die beste vir die toekoms en geniet die dag. 

     

     

    Oregan Hoskins

     

    President, SARU

     

    Dawie Groenewalt President GWRU  

    Baie geluk aan Upington Rugby Klub met die viering van julle 100 ste bestaansjaar. Dit is voorwaar `n groot prestasie. Die feit dat menige ”bure” in hierdie tyd gekom en gegaan het, terwyl u voortbestaan het, is `n bewys van watter stofasie u bestuur oor die jare was.

     

    Menige terugslae soos ontvolking van die platteland en gevegte om u fasiliteite te behou en –onderhou is gereeld oorkom en word baie hiervan steeds as bedreigings geopper. Die spel Rugby word egter op `n gesonde basis bedryf. Verskeie spelers van  verteenwoordigende spanne kom uit Upington Rugby klub en speel Dorp steeds `n leiersrol in die lewering van veral provinsiaal amateur spelers. Die prestasies van administrateurs spreek vanself.

     

    Hoe anders sou enige klub of instansie suiwer net as ”Dorp” bekend kon raak as dat die bydraes gelewer van hoogstaande gehalte is.

     

    Soos in die verlede het u ook vanjaar `n vol program. Baie voorspoed daarmee. Mag die program van 2008 net `n voorloper wees van u toekoms.

     

    Griekwas is trots daarop dat julle deel van ons provinsie is.

     

    Sterkte met alle reëlings. 

     

     

     

    Dawie Groenewalt

    President

    GWRU

     

    President Franco Schultz

    Toe ek 60 jaar gelede  (1948) lid van Upington Dorp Rugby Klub geword het , sou ek nooit kon droom dat ek die 100 jarige bestaan van die klub sou kon bywoon nie.

    In die 60 jaar het ekdie klub deur verskillende fases sien gaan ,soos byvoorbeeld die bou van die pawiljoen en alles wat daarmee gepaard gegaan het , twee groot oorstromings (!974 en 1988) asook finansiele en ander probleme en die kom en gaan van 11 liga rugby klubs.

    Dorp was al een wat die moeilikste tye kon weerstaan het.

    Ek kan dit alleenlik toeskryf aan die beleid van die bestuur om die klub op 'n streng sake beleid te bestuur en om streng dissipline toe te pas.

    Deur streng dissipline toe te pas kon ons gemiddelde gehalte spelers lewer.

    Ons was bevoorreg om spelers te lewer wat Suid Afrika op die rugby sowel as skyskiet verteenwoordig het asook ook talle Griekwa sowel as Noordwes Kaap spelers en tot twee kabinet ministers.

     

    Ek wil graag die bestuur en die komitees wat die fees reël gelukwens met hul poging om +- 600 oudlede te kontak is geen geringe saak nie.Geluk ook aan die huidige spelers wat julle aan die fees wedstryde kan deelneem.Onthou net die toekoms van die klub is in julle hande.

    Baie dankie ook wat die Netbal Klub bygedra het.

     

    Baie dankie aan die oud klublede dat julle gekom het.Dit word opreg waardeer en geniet julle verbly met ons.

     

     Pieter Karsten Jnr  Voorsitter Eefees Komitee

    Dit was werklik vir my ‘n voorreg om as Voorsitter van  die Eeufeeskomitee te dien.  Dit was lekker om iets terug te sit in ‘n klub wat vir my en my ouers, sowel as ons vriende soveel beteken het.  
    Ek het groot geword langs Die Eiland rugbyvelde, terwyl my pa rugby gespeel het en is vroeg reeds geleer dat sport veel groter is as enige individu.  
    Die individue wat hierdie klub gestig het en vir 100 jaar gedra het, het hierdie beginsel uitgelewe.  Definitief nie vir finansiële gewin, maar omdat hulle ‘n passie en trots vir hulle sport, klub en vriendskappe gehad het.  
    Kom ons hou as ‘n klub by hierdie wenresep en ons as individue bly onsself ondergeskik gestel aan die sport waarvoor ons so lief is.
     
    Op nog ‘n eeu!
     
    Feesgroete
     
    Pieter Karsten Jnr