|
|
|
||||
|
|
UITSTAANDE
KLUBSPELERS Weens ‘n gebrek aan spasie kan al die goeie spelers ongelukkig nie genoem word nie, hier is slegs ‘n paar wat baie seisoene vir die klub gespeel het en op die bestuur gedien het. Alex Joubert Alex was lid van Dorp vanaf 1969 tot 1995, waarna hy skeidsregter geword het en dus sy lidmaatskap moes opsê. Alex speel in diè tyd baie wedstryde vir die klub, waarvan ‘n hele paar vir die tweede span, toe Herklaas Engelbrecht en Bert Young die eerstespan se slotte was. Hy is dan ook uit Dorp se tweede span gekies vir Noordwes Kaap. Alex en sy seun Petri, het wanneer Petri vakansies by die huis was, saam gespeel vir Dorp in dieselfde span.Alex speel vir Noordwes Kaap van 1969 tot 1987 ‘n totaal van 108 wedstryde, hy was 45 jaar oud toe hy sy laaste wedstryd vir Noordwes speel, hy was toe nog steeds fikser as baie van sy medespelers. Alex speel vir Noordwes Kaap op slot, flank, agsteman, voorry en selfs skrumskakel. Gerhard Viviers het gereken Alex was die langste skrumskakel ooit in provinsiale rugby. Die hoogtepunt van Alex se rugbyloopbaan was toe hy in 1984 vir die S.A Barbarians gekies is vir ‘n toer na Duitsland. Alex was voorsitter van Dorp van 1986 tot 1992 en afrigter vir 5 jaar, hy rig ook vir Noordwes Kaap vir 2 jaar af en dien op hul Uitvoerende Bestuur vir 6 jaar. Hy dien ook op Oranje Unie se bestuur vir 11 jaar waarvan 2 as voorsitter en speel talle wedstryde vir hulle. Alex is skeidsregter van 1995 en is tans voorsitter van Oranje Unie Skeidsregtersvereniging en vise voorsitter van Griekwaland Wes Skeidsregtersvereniging. Hy is ook voorsitter van Aapington Golden Oldies en speel ook self vir hulle. Ons sal vir Alex Joubert onthou as die lang vriendelike man wat nie aangespreek wil word as “Oom” nie en dit nie kon verdra as hy vasgehou word in die lynstaan nie, maar bo alles as ‘n man wat rugby opreg liefhet. Herklaas
Engelbrecht Ons sal vir Herklaas Engelbrecht onthou as die leier wat sy manne motiveer het deur sy eie spel en wat nie toegelaat het dat ‘n spanmaat van hom afgeknou word nie. Die twee geslagte Engelbrechts wat vir Upington Rugbyklub gespeel het is waarskynlik die familie wat die grootste bydra tot die klub gelewer het, waar daar ookal gepraat word van Upington Rugbyklub, nou of in die toekoms, sal die naam Herklaas Engelbrecht altyd in die selfde asem genoem word. Franco
Schultz Franco Schultz het in 1948 aangesluit by
Upington Rugbyklub en hy is steeds aktief betrokke in die bestuur van die klub.
Van die 50 jaar het hy 21 jaar vir die klub gespeel, waarvan hy 13 jaar as
kaptein en 45 jaar as bestuurslid gedien het,
waarvan 16 jaar as President. In 1963 was hy en Stef du Toit, van Kenhardt, die eerste spelers wat gekies was om vir die Markotters te speel alhoewel hulle geen verbintenis met die Maties gehad het nie. Stef du Toit moes hom egter weens ‘n besering aan die span onttrek, Franco het wel gespeel. Franco het vanaf 1951 tot 1961 vir Griekwas in 55 wedstryde op die rugbyveld verteenwoordig, waarvan twee teen internasionale toerspanne (Australië en Frankryk). Hy was ook twee maal genooi na die Springbok proewe.Vir Oranje Unie het Franco 15 jaar gespeel, al 15 as kaptein, hy dien ook 15 jaar op hul bestuur waarvan 6 jaar as President. Vir Noordwes Kaap het hy 10 jaar op die bestuur gedien, hy was ook keurder, afrigter en afgevaardigde na die Suid Afrikaanse Rugbyraad vir hulle. Ons sal vir Franco Schultz onthou as die man wat ‘n leeftyd lank betrokke was by Upington Rugbyklub, as daar een persoon is wat die titel “Meneer Upington Rugbyklub” verdien, dan is dit sekerlik hy. Eric
de Wet Eric de Wet is gebore op 2 April 1954 op Kakamas, hy begin sy skooljare by die Laerskool Kanoneiland waar hy ook vir die eerste maal begin rugby speel het, as vleuel vir sy skool. Vanaf standerd 7 gaan hy skool aan die Hoër & Tegnieseskool Upington, hy speel dan ook standerd 9 en 10 vir sy skool se eerstespan en word in 1972 gekies vir die NWK Hoërskolespan na die Craven Week. Eric is na skool na Stellenbosch om te
studeer waar hy speel vir Maties O/20, Victoriane en drie wedstryde vir Maties
se eerstespan. Nadat ‘n kniebesering hom ‘n ruk van die rugbyveld gehou het
begin speel hy toe weer vir sy koshuis, Pieke, en hulle wen ook in daardie jaar
die Stellenbosch Koshuisliga. In 1977 kom Eric boer op Kanoneiland en begin speel hy vir Upington Rugbyklub, in die selfde jaar word hy ook gekies vir NWK. Hy speel vir beide sy klub en vir NWK tot 1993, Eric het in sy laaste jare wat hy gespeel het baie male gedreig om op te hou maar is elke keer maar weer gevra om uit te help. Hy was kaptein van Upington Rugbyklub se eerstespan vanaf 1977 tot 1989 en kaptein van Noordwes Kaap van 1981 tot 1990. In 1987 is Eric gekies om die Sport Pienaar Unies te verteenwoordig in ‘n wedstryd teen ‘n span van die Curriebeker B Unies, Eric word ook na die wedstryd deur rugbyskrywers uitgewys as een van die uitblinkers op die veld. Eric de Wet is een van verskeie spelers van Upington Rugbyklub wat “groot rugby” sou speel indien hy in ‘n groter unie gespeel het. Ons sal vir Eric de Wet onthou as die
swartkop wat altyd aan die voorpunt van Dorp se voorspelers was, ‘n hoogs
kompeterende speler, wat as kaptein met net die beste van sy spelers tevrede was,
asook as ‘n speler wat in ‘n vriendskaplike wedstryd vir die klub net so hard
gespeel het as in ‘n belangrike provinsiale wedstryd. Piet Karsten Klubspeler vanaf 1968 tot 1978.Speel vir NWK vanaf 1971 tot 1975 en is een maal vir SA Platteland gekies.Speel vir OP rugby van 1976 tot 1977.Speel vir die SA Uitnodigingspan teen die Franse en Kwaggas.Is ook 2 maal uitgenooi na Springbok proewe. Dantes
Liebenberg Ons sal vir Dantes Liebenberg onthou as die
vriendelike speler met die “flying tackle”, ‘n man wat hard gespeel het, op die
veld sowel as langs die veld en ‘n man wat vir geen duiwel sou stuit nie. Hy is
ook iemand wat as ‘n wandelende boek oor rugbystories beskryf kan word, en wat
die manne ure lank kan vermaak met sy vertellings. Willem Barnard Willem Barnard het in 1940 en 1941 vir die eerstespan van Upington Hoërskool gespeel, hy het in dieselfde tyd vir Upington Rugbyklub begin speel as slot. Na matriek is Willem na Stellenbosch waar hy in 1942 vir die Maties se O/19 span gespeel het, in 1945 speel hy vir Maties se eerstespan. Nadat Willem hom as onderwyser kwalifiseer het begin hy by die tegnieseskool in Oudtshoorn skoolgee, hier speel hy in 1946 en 1947 vir Oudtshoorn asook vir Suidwestelike Distrikte. Terwyl hy op Oudtshoorn was bied die Onderwyskollege Pretoria hom ‘n pos aan en Willem verhuis in 1948 na Pretoria waar hy vir Pretoria Harlekyne begin speel en dadelik in die Noord Transvaal seniorspan opgeneem word. Hy verteenwoordig Noord Transvaal vanaf 1948 tot 1950 op die rugbyveld, na sy vader oorlede is moes Willem terugkom na Upington om te kom boer en begin speel hy toe weer vir Upington Rugbyklub. In 1949 terwyl Willem Barnard by Noord Transvaal was word hy gekies vir die Springbokke vir die vierde toets in Port Elizabeth teen die All Blacks, hy is gekies in die plek van Felix du Plessis wat op daardie stadium die S.A kaptein was. In die wedstryd tussen die All Blacks en Noord Transvaal beland Willem in ‘n onderonsie met die berugte Skinner, oud bokser van Nieu Zeeland. Skinner het ‘n oopgekloofte wangbeen oorgehou as bewys van sy verskilletjie met Willem Barnard, hy het toe ook nie daarna met hul herontmoeting in die toets, met Willem gesukkel nie. Willem is in 1951 gekies vir die toer van die Springbokke deur die Britse Eilande waar hy Suid Afrika verteenwoordig het in die toets teen Wallis. In 1952 het Willem sy knie sodanig beseer dat hy nie weer rugby kon speel nie. Alhoewel Willem gekies was vir Griekwas as kaptein, met hul toer deur Rhodesië, kon hy die toer nie meemaak nie en het hy Griekwaland Wes nooit verteenwoordig op die rugbyveld nie. Willem Barnard het as afrigter gedien by Dorp en hy het ook die span van Noordwes Kaap vanaf hul ontstaan vir ‘n paar jaar afgerig. Willem Barnard sal onthou word as ‘n man wat sy rugby nog op die harde manier gespeel het saam met name wat legendes in S.A rugby geword het, asook as ‘n man wat kon vat wat na sy kant gekom het en dit met rente kon teruggee. Hy was een van die beste rugbyspelers wat die Noordweste ooit opgelewer het. Soos onthou deur Harold Holmes (1927-1941). Chris le Roux (1921-1931), a forward and real grafter on the field, and also captain of the club for a number of seasons. While still at school in Paarl in 1920, and at home for the June holidays, he received a telegram to say that he had been chosen to go on tour with Western Province, and when Chris asked his father, Oom Willem le Roux of Rouxville, whether he could go on tour his father told him, “Nee jy moet skaap oppas.” Herklaas “Spykerbout” Engelbrecht (snr) (1927-1938), a forward who was always on the ball, how he managed to see the ball in the dust of the old Sand Field, was always a miracle to the backs as we could never see it until the scrumhalf got hold of it and then with great difficulty. Alec Kangisher (1925-1933), hooker and the number of tries scored by this individual only went to show that his anticipation was astounding. Kobie Kotze (1927-1933) As a schoolboy at Paarl in 1926 he played wing for Paarl Town 1 st XV, and for URFC proved to be a clever flyhalf and centre. Harold Holmes (1927-1941), with a few games as fullback for the second team even after 1941.
|