Wedstryd Verslae

 

Home
Boodskappe
Bestuur
Eeufees Komitee
75jaar Fees
90jaar Fees
Foto Toer
Forum
Geskiedenis
Notules
Oorsese Toer
OudLede Lys
Provinsiale Spelers
Rugby Kalender
Span Fotos
Spelers
Staaltjies
Statistiek
Wedstryd Verslae
1988 Vloed

 


Wedstryd Verslae

2006

SUPER LIGA

Kimberley polisie klop Upington 28 - 23

Kimberley SAP het daarin geslaag om Upington 26 - 23 te klop in 'n wedstryd wat deurgans baie gelykop was en geen span enige fasette van die spel kon oorheers nie.Kimberley se stewige dryfbewegings was miskien die enigste uitsondering.Indien Upington hul giftige agterlyn meer gebruik het kon die telling anders gewees het.Dit was die eerste wedstryd van die seisoen en beide spanne sal drasties moet verbeter as hulle 'n faktor in die Super liga wil wees.

Drieë vir Upington is gedruk aangeteken deur Cliffie Willemse,Kobus Steyn,Naas Terblance en Hendrik Dege . Cliffie Willemse het ook met ;n strafskop geslaag.

Cliffie Willemse

Kobus Steyn

Naas Terblance

Hendrik Dege

Vir Kimberley het Johan Van Niekerk 2 drieë gedruk,3 Strafdoele en twee doelskoppe aangeteken vir 'n totale bydrae van 23 punte.Die ander drie is deur J.P.Kearney gedruk

Kenhardt Beker

Upington klop United 50 - 3

Upington het vergoed vir sy skok verloor teen Kakamas en het 8 drieë teen United gedruk.Stephan Bothma het 5 drieë verdoel.

Drie drukkers vir Upington was J.P.Stander (2),Hendrik Dege,Dawid Dege,Naas Terblance,Kobus Smith,Pieter Steenkamp en Jasper Stoop.

Kakamas klop Upington met een punt

Kakamas het daarin geslaag om Upington met een punt te klop in 'n wedstryd met min hoogtepunte.Upington het verskeie strafskoppe verbrou en kon nie een van sy drie verdoel nie.Drie drukkers vir Upington was W.A. Van Niekerk,J.P.Stander en Stefan Botma,

 

Dorp klop Polisie in naelbyt stryd

Dorp het daarin geslaag om Polisie met 25-23 te klop nadat die rustyd telling 13 8 vir Dorp was.Polisie het die span van dorp verras met goeie hardloop spel en die spelers het hard probeer om dit 'n aanskoulike wedstryd te maak maar die 28 strafskoppe wat in die wedstryd toegestaan was het dit moeilik gemaak.

Drie drukkers vir Dorp was Hugo Meyer,Attie Pearson,Hendrik Dege en Pieter Steenkamp wat 'n pragwedstryd gespeel het.Attie Pearson het ook met 'n straf en doelskop geslaag

 

Dorp klop Kakamas

Upington rugbyklub het die seisoen begin met 'n oorwinning oor Kakamas op 18 April 2006.Die Eindtelling was 34 - 15 nadat Kakamas rustyd voor was met 15-12.Dorp het na rustyd met hardloop rugby verseker dat die wedstryd in sy guns beklink word.

Drie drukkers vir Dorp was B.Peens.Attie Pearson,Henry Pearson S.Botma,Don Manus en Jp Stander.B.Peens en A.Pearson het elk met 'n doelskop geslaag.

Don Manus

 

2005

Upington Rugby klub het 'n wonderlike seisoen gehad en nie net die klubliga gewen nie maar ook die Griekwa Super liga Kampioenskap.

 



Email ons deur   te click