Deur Franco Schultz

 

Home
Boodskappe
Bestuur
Eeufees Komitee
75jaar Fees
90jaar Fees
Foto Toer
Forum
Geskiedenis
Notules
Oorsese Toer
OudLede Lys
Provinsiale Spelers
Rugby Kalender
Span Fotos
Spelers
Staaltjies
Statistiek
Wedstryd Verslae
1988 Vloed

 


Geskiedenis van Upington Rugby Klub

Franco Schultz 

WAT EK GEHOOR HET

Upington Munisipaliteit wou die Eiland - dit is nou die hele gedeelte tussen die groot padbrug en die eerste brug - aan die destydse Dept. van Lande gee.

Die doel was om `n landbouproefplaas te begin.

Upington Dorp Rugby klub het `n afvaardiging na die Minister van Lande gestuur om die oordrag stop to sit.

Die afvaardiging het bestaan uit Mnre. N.S. Basson, D.J. Josling en andere wie e name ek nie meer kan onthou nie.Dit was ongeveer tussen 1927 en 1929.

Hulle het toe die Minister oortuig dat `n gedeelte van die Eiland gereserveer moet word vir sport. Hulle het dit toe reggekry dat die gedeelte vanaf die teerpad as die een grens, die palmbome as die ander grens en die treinbrug en die punf waar die Eiland sy water vanaf die Boegoeberg kanaal kry die ander grens. 

Dorp het die grondveld waar Hoerskool se veld nou is, as speelveld en oefenveld gebruik.

In 1937 het oom Herklaas Engelbrecht die huidige A en B velde ontbos - tesame met skoolseuns - dit met donkies gelyk gesleep en met gras beplant. Die water bet hulle onttrek vanaf `n punt waar die Engelse predikant `n dansbaan gebou het en n gat gegrawe het vir n swembad.Daar is ook bloekombome geplant vir skadu vir piekniekgangers. Vanaf die dansbaan is die water geneem met `n grondkanaal tot by die A en B velde. Die water het ons van die Departement gekry op die voorwaarde dat ons dit kan gebruik as hulle dit nie gebruik nie, dus was dit vergunningswater. 

Daar was bale goeie samewerking tussen die proefplaas personeel en die Rugbyklub, totdat die Munisipaliteit besluit bet om vir Rosepark to ontwikkel, maar daaromtrent later. 

Die Upington Rugblyklub is gestig in 1908 en soos verneem het dit bestaan uit plaaslike besigheidslui, boere en skoolseuns.

Elke jaar was daar `n eenmalige rugbydag op Kenhardt gehou, waar Upington, Keimoes en Kakamas en Kenhardt op `n uitklop   basis deelgeneem bet.

Terloops ons is in besit van `n foto waarop die 4 klubs verskyn asook die span van Upington Rugbyklub.

Ek bet die voorreg gehad om met een van daardie tyd se spellers oom Moses van Rooyen van Kakamas te gesels. Op `n vraag waar hulle die spelers gekry het -wnt die bestaan van Kakamas was nie baie lank nie - sy antwoord was dat dit  bestaan het uit onderwysers en boere. Ek vra hom toe waar het die boere leer rugby speel - want Kakamas se boere het maar uit die Boesmanland en Namakwaland gekom. Hy vertel toe dat as hulle op Kenhardt gaan speel het hulle enige een wat gewillig is saam geneem het. Hulle het met `n donkiewa en perde gereis, al saam met Hartbeesrivier. Elke dag dan moet  die perderuiters vooruit gaan en `n veld waar hulle die aand sou oorstaan - skoonmaak en uitmerk. As die wa aankom dan oefen hulle teen mekaar. Hy se dat daardie boertjies wat niks van rugby weet nie, volleerd is as hulle die dag op Kenhardt aankom.

Soos wat Kakamas span met `n wa en donkies na Kenhardt gereis bet, so is Upington en Keimoes met perdekarre, molwaentjies en to perd gereis.

Op Kenhardt is vir `n week lank gespeel en die sakemanne van Kenhardt bet,n beker geskenk, nI. Kenhardt Merchant Cup. Vir daardie beker word nog vandag gespeel, waarvan Dorp dit by verve die meeste gewen bet.

 WAT IN MY TYD GEBEUR HET 

Ek het by die Dorp       klub aangesluit in 1948, my eerste wedstryd was toevallig teen Kakamas op Keimoes.

Terloops daar was toe net twee grasvelde, die een op die Eiland en die een op Kakamas. Ek onthou nog dat die veld op Kakamas elke jaar voor die seisoen begin met donkies omgeploeg word en die ergste sooie met `n graaf plat gewerk was. Daar was ook walle gemaak want die veld was besproei uit die kanaal. Ons het op die B veld geoefen. Die aantrekplek was by die sipresbome. Vir die wat `n motor of fiets gehad bet nie, moes maar na die veld en terug draf. Daar moes by die huis gebad word. Daar was nie gemurmureer nie, want dit was lekker om vir Dorp te speel

Daar was ook nie vir die spelers gebel om to se of hulle span gekry het nie.Die name is op `n plek opgeplak en almal het gaan kyk of hy span gekry bet en wat die reelings is.

Ons vervoer na plekke soos Pofadder, Marydale, Saalskop, Kenhardt, Augrabies en al die ver plekke was met `n gewone platbak vragmotor met hout banke en n hout en seilkap. Die terugreis was gewoonlik die aangenaamste want die netball meisics was ook op die lorrie. Gebruik jou verbeelding want daar was nie ligte in die kap nie. Oom Andries Brand was die karweier. 

Oom N.S. Basson bet my vertel dat as Upington op Keimoes moes speel bet hulle die Vrydag vanaf Upington met `n waentjie en muile gereis het tot by die duine duskant Keimoes. Daar bet hulle by `n pan oornag en die volgende dag vir Keimoes binne geaar. Die netbal was ook op die wa. As Keimoes op Upington kom speel het bet hulle die Vrydag tot by die duine duskant Upington gekom, daar oornag en die volgende dag na Upington gekom. 

Wat my betref was die jare vanaf 1955 en 1970 van die moeilikste jare van die klub, want dit was die begin met van ons finansiele probleme met die Munisipaliteit, maar laat ek eers weer my geheue na die begin 50stes blaai.

Die huidige pawiljoen was gebou in 1953.Die totale koste was 7 500 pond (vyftien duisend rand) waar die klub 2 500 pond (vyf duisend rand) ingesamel bet. Ons moes toe 5 000 pond (tien duisend rand) by die Munisipaliteit leen waarvoor die komitee in privaat hoedanigheid borg geteken bet.

Daar was egter `n ooreenkoms dat die Munisipaliteit elke jaar die rente sou terugskryf, wat ook gedoen was. Die Munisipale Ouditeure bet egter gevind dat die raad nie so `n ooreenkoms mag aangaan nie en hulle voeg toe daardie rente weer by die kapitaal. Onmiddellik was die klub in `n finansiele penarie, sodat die sakemanne wat borg geteken bet, uit die komitee bedank bet om sodoende van hulle borgskap los te kom. Daar was nie `n manier om die geld uit ledegelde, funksies en ander maniere to bekom nie. Ons bet selfs aansoek in my naam; want ek was destyds die sekretaris van die klub - om `n dranklisensie gedoen. Nodeloos om to se dat van die kere 100 % teen ons was en die lisensie dus deur die drankhof geweier is. 

Harold Holmes - ons voorsitter - het my eendag gebel en gevra ek moet hom kom sien. Ek was destyds Kaptein van die klub en dus op die komitee. Hy deel my toe mee dat die klub bankrot is en dus sal ophou om te bestaan. Nodeloos om te se ek was stomgeslaan en het nie geweet wat om te doen nie. Ek het egter na Oom Jack Horn - lid van die klub en bestuurder van Barclays Bank gegaan en die prentjie vir hom geskilder, want ons kon mos nie dat Upington Rugbyklub tot niet gaan nie. Ons wat soveel spelers vir Griekwas gelewer het en Springbokke soos Willem Barnard en Daantjie Rossouw en Abe Hummel as junior Springbok. Oom Jack het my die versekering gegee dat hy die leisels sal vat en dat ons vir ons `n sterk bestuur moet kies. Dit was ook gedoen en siedaar ons is nog al die tyd die leidende klub in Noordwes Kaap. Daar kan vandag met trots teruggekyk word na die besture wat Dorpklub soos `n besigheid bestuur het. 

Ons het met die jare baie aanslae van die Raad moes weerstaan, maar gelukkig het ons die kwaliteit lede waarop ons kon staatmaak selfs al was dit regshulp wat ons nodig gehad het.  

UITSTAANDE GEBEURTENISSE

Met 1974 se vloed was die veld so diep onderwater dat selfs die pale se dwarslatte onder water was. Na die vloed bet ons lede die veld weer gelyk gemaak, geplant en die pawiljoen skoongemaak. Daar was so baie slik op die veld dat ons genoodsaak was om die pale se dwarslatte hoër op te skuif.

Met 1988 se vloed was dit egter moeilik om die veld te herstel. Ons moes ander pale plant, wat weereens van skenkings gekom het. Ons moes masjiene huur om te help. Destyds het ek en Red Redelinghuys op die Suid-Afrikaanse Rugbyraad gedien. Ons het Dr. Craven gevra vir `n spreekbeurt gedurende die vergadering, wat by ook toegestaan bet. Ons het vir die afgevaardigdes van ons probleme vertel en het ons dringend geldelike bystand gesoek. Danksy Transvaal en WP het ons bykans R20 000 gekry. Uit die bloute kry ons `n rekening van die Munisipaliteit vir die gebruik van hul padskraper. Ek bel dr. Craven en hy faks vanaf die Rugby raad dat indien die Munisipaliteit aandring vir betaling vir die herstel van eiendom, die Rugbyklub onmiddellik die R20 000 moet terugbetaal. Nodeloos om te se die rekening is toe afgeskryf. 

Die terugneem van die veld het effens bedaar, maar aan die einde van die 90 stes bet dit weer begin, so erg dat ons regsopinies moes kry,hofsake moes veg en onnodige koste moes aangaan. 

Soos  elders genoem was ons nog altyd die leidende klub in die Noordweste, en het baie provinsiale spelers en self drie indernasionale spelers opgelewer. Later met die stigting van Noordwes Kaap het ons weer die voortou geneem totdat die onderstromings die visie laat skipbreuk gely het en die fondse wat deur privaat persone opgebou was, vervreemd geraak bet. 

Nadat ons weer onder Griekwas geplaas was het ons tot op datum van die skrywe twee keer aan die Klub Kampioenskappe deelgeneem.

Aangesien klubs soos Marydale, Groblershoop, Saalskop, Karos, Gordon Park, Oostelikes, Kanoneiland, Keimoes, Kakamas, Augrabies en Pofadder op `n tyd opgehou speel het of geheel en al ontbind het, was gesonde kompetisie skaars.

Ek haal my hoed af vir die komitee wat gesorg het dat Dorp sterk bly.