|
|
|
|
|
|
Franco Schultz WAT EK GEHOOR
HET Upington Munisipaliteit wou die Eiland - dit is nou die hele gedeelte tussen die groot padbrug en die eerste brug - aan die destydse Dept. van Lande gee. Die doel was om `n landbouproefplaas te begin. Upington Dorp Rugby klub het `n afvaardiging na die Minister van Lande gestuur om die oordrag stop to sit. Die afvaardiging
het bestaan uit Mnre. N.S. Basson, D.J. Josling en andere wie e name ek nie meer kan onthou nie. Hulle het toe die Minister oortuig
dat `n gedeelte van die Eiland gereserveer
moet word vir sport. Hulle het dit toe reggekry
dat die gedeelte vanaf die teerpad as die een grens, die palmbome as die ander grens en die treinbrug en die punf waar die Eiland sy water vanaf die Boegoeberg kanaal kry die ander grens. Dorp het
die grondveld waar Hoerskool se veld nou is, as speelveld en oefenveld gebruik. In 1937 het oom Herklaas Engelbrecht die
huidige A en B velde ontbos - tesame
met skoolseuns - dit met donkies
gelyk gesleep en met gras beplant. Daar was bale goeie samewerking tussen die proefplaas personeel en die Rugbyklub, totdat die Munisipaliteit besluit bet om vir
Rosepark to ontwikkel, maar daaromtrent later. Die Upington Rugblyklub is gestig in 1908 en soos verneem het dit bestaan uit plaaslike besigheidslui, boere en skoolseuns. Elke jaar was daar `n eenmalige rugbydag op Kenhardt gehou, waar Upington,
Keimoes en Kakamas en Kenhardt op `n uitklop basis deelgeneem
bet. Terloops ons is in besit van `n foto waarop die 4 klubs verskyn asook die span van Upington Rugbyklub. Ek bet die voorreg gehad om met een van daardie tyd se spellers oom Moses van Rooyen van Kakamas te gesels. Op `n vraag waar hulle die spelers
gekry het - Soos wat
Kakamas span
met `n wa en donkies na Kenhardt
gereis bet, so is Upington en Keimoes met perdekarre, molwaentjies en to perd
gereis. Op Kenhardt is vir `n week lank
gespeel en die sakemanne van Kenhardt bet,n beker geskenk, nI. Kenhardt Merchant Cup. Vir
daardie beker word nog vandag
gespeel, waarvan Dorp dit by verve die meeste gewen bet. Ek het by die Dorp klub aangesluit in 1948, my eerste wedstryd was toevallig teen Terloops daar was toe net twee grasvelde, die een op die Eiland en die een op Kakamas. Ek onthou nog dat die veld op Kakamas elke jaar voor die seisoen begin met donkies omgeploeg word en die ergste sooie met `n graaf plat gewerk was. Daar was ook walle gemaak want die veld was besproei uit die kanaal. Ons het op die B veld geoefen. Die aantrekplek was by die sipresbome. Vir die wat `n motor of fiets gehad bet nie, moes maar na die veld en terug draf. Daar moes by die huis gebad word. Daar was nie gemurmureer nie, want dit was lekker om vir Dorp te speel Daar was ook nie vir die spelers gebel om to se of hulle span gekry het nie.Die name is op `n plek opgeplak en almal het gaan kyk of hy span gekry bet en wat die reelings is. Ons vervoer na plekke soos Pofadder, Marydale,
Saalskop, Kenhardt, Augrabies en al
die ver plekke was met `n gewone platbak vragmotor met hout banke en n hout en seilkap. Die
terugreis was gewoonlik die aangenaamste want die netball meisics was ook op die lorrie. Gebruik jou verbeelding want daar was nie
ligte in die kap nie. Oom Andries Brand was
die karweier. Oom N.S. Basson bet my vertel dat as
Upington op Keimoes moes speel bet hulle die Vrydag
vanaf Upington met `n waentjie en muile gereis het tot by die duine duskant Keimoes. Daar bet hulle by `n pan oornag en die
volgende dag vir Keimoes
binne geaar. Wat my betref was die jare vanaf 1955 en 1970 van die moeilikste jare van die klub, want dit was die begin met van ons finansiele probleme met die Munisipaliteit, maar laat ek eers weer my geheue na die begin 50stes blaai. Die huidige pawiljoen was gebou
in 1953.Die totale koste was 7 500
pond (vyftien duisend rand) waar die
klub 2 500
pond (vyf duisend rand) ingesamel bet. Ons moes toe 5 000 pond (tien duisend
rand) by die Munisipaliteit leen waarvoor die komitee in privaat hoedanigheid borg geteken
bet. Daar was egter `n ooreenkoms dat die
Munisipaliteit elke jaar die rente sou terugskryf, wat ook gedoen was. Die
Munisipale Ouditeure bet egter gevind dat die raad nie so `n ooreenkoms mag aangaan nie en hulle voeg toe daardie rente weer by die kapitaal. Onmiddellik was die klub in `n finansiele penarie, sodat die sakemanne wat borg geteken bet, uit die komitee bedank bet om
sodoende van hulle borgskap los te kom. Daar was
nie `n manier om die geld uit ledegelde, funksies en ander maniere to bekom nie. Ons bet selfs aansoek in my naam; want ek was destyds die
sekretaris van die klub - om
`n dranklisensie gedoen. Nodeloos om to se dat van die kere 100 % teen ons was en die lisensie dus deur die
drankhof geweier is. Harold
Holmes - ons voorsitter -
het my eendag gebel en gevra ek moet hom kom sien. Ek was destyds Kaptein van die klub en
dus op die komitee. Hy deel my toe
mee dat die klub bankrot is en dus sal ophou om te bestaan. Nodeloos om te se ek was stomgeslaan en het nie geweet wat om te
doen nie. Ek het egter na Oom Jack
Horn - lid van die klub en bestuurder van Barclays Bank gegaan en die prentjie vir hom geskilder, want ons kon mos
nie dat Upington Rugbyklub tot niet
gaan nie. Ons wat soveel spelers vir Griekwas gelewer het en Springbokke soos Willem Barnard en Daantjie
Rossouw en Abe Hummel as junior Springbok. Oom Jack het my die
versekering gegee dat hy die leisels sal vat
en dat ons vir ons `n sterk bestuur moet kies. Ons het met die jare baie aanslae
van die Raad moes weerstaan, maar gelukkig het ons die kwaliteit lede waarop ons kon staatmaak selfs al was dit
regshulp wat ons nodig gehad het. UITSTAANDE GEBEURTENISSE Met 1974 se vloed was die veld so
diep onderwater dat selfs die pale se dwarslatte onder water
was. Na die vloed bet ons lede die veld weer gelyk gemaak, geplant en die pawiljoen skoongemaak. Daar was so baie
slik op die veld dat ons genoodsaak
was om die pale se dwarslatte hoër op te skuif. Met 1988 se vloed was dit egter
moeilik om die veld te herstel. Ons moes ander pale plant, wat weereens van skenkings gekom het. Ons moes masjiene huur om
te help. Destyds het ek en Red Redelinghuys op die
Suid-Afrikaanse Rugbyraad gedien. Ons het
Dr. Craven gevra vir `n spreekbeurt gedurende die vergadering, wat by ook toegestaan bet. Ons het vir die
afgevaardigdes van ons probleme vertel en het ons dringend
geldelike bystand gesoek. Danksy Transvaal en WP het
ons bykans R20 000 gekry. Uit die bloute kry ons `n rekening van die Munisipaliteit vir die gebruik van hul padskraper. Ek bel
dr. Craven en hy faks vanaf die Rugby raad dat indien
die Munisipaliteit aandring vir betaling vir die herstel van
eiendom, die Rugbyklub onmiddellik die R20 000 moet terugbetaal. Nodeloos om te se die rekening is toe afgeskryf. Die terugneem van die veld het
effens bedaar, maar aan die einde van die 90 stes bet dit weer begin, so erg dat ons regsopinies moes kry,hofsake moes veg en
onnodige koste moes aangaan. Soos elders genoem was ons nog altyd die leidende
klub in die Noordweste, en het baie provinsiale
spelers en self drie indernasionale spelers opgelewer. Later met die stigting van Noordwes Kaap het ons weer die
voortou geneem totdat die onderstromings die
visie laat skipbreuk gely het en die fondse wat deur privaat persone opgebou
was, vervreemd geraak bet. Nadat ons weer onder Griekwas
geplaas was het ons tot op datum van die skrywe
twee keer aan die Klub Kampioenskappe deelgeneem. Aangesien
klubs soos Marydale, Groblershoop, Saalskop, Karos, Gordon Park, Oostelikes, Kanoneiland, Keimoes,
Kakamas, Augrabies en Pofadder op `n tyd opgehou speel het of geheel en al ontbind het, was
gesonde kompetisie skaars. Ek haal my hoed af vir die komitee wat gesorg het dat
Dorp sterk bly.
|