|
|
||
|
|
Met die beplanning vir ‘n oorsese rugbytoer deur Upington Rugbyklub moes daar toestemming van die S.A Rugbyraad verkry word vir so ‘n toer, die Rugbyraad het toestemming verleen op die voorwaarde dat daar ten minste 4 gekleurde spelers in die groep moet wees. Aangesien die klub in daardie tyd geen gekleurde lede gehad het nie kon hulle nie aan die voorwaarde voldoen nie, daar word toe besluit om die toer aan te pak as ‘n boere toer. Die toer word toe gereël as ‘n “Oranje Farmers “ besigtigingstoer. Die groep vertrek op 24 Oktober 1979 en land op 8 November weer in Suid Afrika, elke speler moes R 750 betaal om te kon gaan toer, die res is ingesamel. Die toerfonds het op 1/10/79 R 10 300. 71 beloop en die reisdeposito aan Truimph Travel was R 9 240. 00. Na alle koste betaal is na die toer, was daar R 185 .00 van die toergeld oor. Hier volg ‘n baie verkorte uittreksel uit die oorspronklike toerverslag wat opgestel was deur Willie Mans: 23 Oktober Vertrek om 08h00 vanaf Gordonia Hotel met twee kombi’s en ‘n mercedes na Jan Smuts. Nou eers het die toer ‘n werklikheid geword, die toerbestuur en tugkomitee bestaan uit Herklaas Engelbrecht, Alex Joubert. Gerrie Nel en Piet Karsten. 24 Oktober Vertrek om 11h45 na Israel met ‘n Boeing 747, en almal is baie opgewonde want niks kon die toer meer keer nie. Om 10h15 land ons in Tel Aviv en boek in by die City Hotel, dit is maar moeilik om gewoond te raak om aan die regterkant van die pad te ry. 25
Oktober Om 08h00 vertrek ons na die Tel Aviv mark, hier kan jy byna nie asemhaal vanweë die reuke en al die gemors nie. Oom Gerrie was glad nie beindruk deur die higiëne in van die slaghuise nie. Laat doe aand het ons gaan slaap en kon nog nie glo dat ons vandag R 1.75 vir ‘n bier en R 2 .00 vir ‘n coke betaal het nie. 26
Oktober Die dag is ons na Siserea en met ‘n besoek aan ‘n amfiteater uit die Romeinse tydperk het ons die toerlied uit volle bors gesing. Ons noem aan die gids dat omtrent alles, in die bybel, het in Israel gebeur en net 20 % van die bevolking is christene. Sy opmerking was wie is ons om te sê dat hulle verkeerd is. 27 Oktober Om speel teen Yisreel Kibbutz, daar word nie op die veld opgedraf nie en elke span gaan staan waar hy wil op die veld. In die hitte van 30 grade Celsius swoeg en sweet die manne op die veld. Ons wen die wedstryd 30 - 20. 28 Oktober By die Oase Jerigo eet ons vir die eerste maal in 5 dae weer skaapvleis(5 stukkies). Hierna is ons na die Dooie See, wat ‘n ondervinding was dit nie om te sien dat Piet en Herklaas nie kan sink nie. Almal is dit eens dat dit die hoogtepunt van die toer was, daarna is ons terug na die Shoresh Hotel. 29
Oktober Om 08h00 vertrek ons na Jerusalem waar ons
Dawid se graf, en die plek bokant sy graf waar die laaste avondsmaal
plaasgevind het besoek. Daarna gaan ons na die Klaagmuur waar Eric en ander hul
briefies laat. 30 Oktober In die City Hotel het ons voorberei vir die wedstryd teen Tel Aviv, wat ‘n ondervinding om op ‘n veld van 75 meter en ‘n val van 4 voet te speel. Met goeie rugby wen ons die wedstryd 82 - 13 , almal het die wedstryd baie geniet. Ons het die aand lekker saam met die Israeliete gesing. 31 Oktober Om 08h00 vertrek ons met ‘n 707 na Amsterdam en land op Munich Lughawe, wat ‘n kontras was dit nie om uit Israel te kom met ‘n temperatuur van 35° C na Duitsland met 2° C. Na 3 uur se ronddwaal vertrek ons met ‘n City Hopper na Amsterdam waar ons in die Museum Hotel tuisgaan. 1 November Besoeke aan besienswaardighede in Nederland. 2 November Om 09h00 vertrek ons na Parys. 3 November Besigtigingstoer deur Parys, party ouens koop mombakkies en vermaak die mense. 4 November Die oggend is ons met die moltrein na die Seine om te gaan boot ry, party ouens is na die Eifeltoring. 5 November Om 9h30 vertrek ons na London, almal is bly om uit Parys weg te kom, ons gaan tuis in die Royal Eagle Hotel. Almal is dit eens dat dit lekker in London is, omdat almal jou verstaan en jy weer ‘n slag kan vleis eet. 6 November Besigtigingstoer deur London. 7 November Om 13h00 vertrek ons per moltrein na Bedford Kollege, waar ons in reënerige koue weer die wedstryd teen hulle wen met 30 - 3. Daarna het ons lekker saam met die Bedford manne gesing en ‘n “boat-race” gehou, later het ons Kat se troue gevier wat in Januarie plaasvind. 8 November Terugvlug vanaf Heathrow na Suid Afrika, wat ‘n wonderlike gevoel om weer in jou eie land te wees. Agter:A.Brand , G.Nel , E.De Wet , A.Joubert , K.Blumeris , V.Visser , P.Botes , H.Engelbrecht ,E.Walker ,P.Coetzee ,P.Karsten , N.Joubert, W.Mans, D.Stander, E.Snyman , W.Jonker Voor:S.Myburg , H.louw ,S.Fourie , B.Carstens , D.Bekker , A.Nel , D.Liebenberg , N.Nel
We would love to hear your comments or send us any information u might have on the club. Email ons deur te click
|